fotos

kyk wat ons doen

fotos
Vir Wie?

iALA is vir jou

Vir Wie?
iALA bied aan

program inligting

iALA bied aan
studente

kyk wie neem deel

studente

Algemene vrae

Wat sluit die kursusfooi in?

Alle verblyf-, vervoer-, kos en kursuskoste word ingesluit. Kontak ons vir meer inligting.

Waar oornag iALA studente?

Oornag in strandhuise, chalets, tente, grootte, onder die stêrre, op duine, strande, berge en in dale.

Waar begin en eindig elke kwartaal?

Elke kwartaal begin en eindig op Stellenbosch. Ons beweeg van Stellenbosch af verder soos die program vereis.

Kan ek my eie motor saambring?

'n Privaatmotor is glad nie nodig nie, alle vervoer binne kursusverband word voorsien.
Eerste en tweede kwartaal: Privaatmotors mag nie in die eerste twee weke gebruik word nie. Alhoewel beperkte oop parkeerplekke beskikbaar is, is dit geheel op eie risiko.
Derde en vierde kwartaal: Vanweë die aard van die program is die gebruik van privaatmotors onprakties en word afgeraai.

Is daar aftye of is studente voltyds besig?

Vryetyd
Die daaglikse iALA program duur normaalweg vanaf 06:30 tot 17:00. Daar sal tydens sekere modules uitsonderings wees. Na verdaging om 17:00 volg aandete en vryetyd. Die eerste twee weke mag studente nie saans uitgaan nie. Daarna kan beweging tydens vryetyd op eie risiko, maar met toestemming van die leiers, geskied.

Naweke
Meeste naweke sal vry wees. Op Hermanus sal daar baie tyd tydens naweke op die see deurgebring word om aan die Skipperslisensievereistes te voldoen.

Vakansies
Die drie vakansietye is soos op die program aangedui.

Uitsonderings
Met vooraf reëling kan tyd vir privaatafsprake, familie- en ander byeenkomste, ens gereël word

Mag studente besoekers ontvang?

Ouers en vriende kan studente met vooraf reëling besoek. Daar sal ook spesiale uitnodigingsgeleenthede gedurende die loop van die jaar vir ouers en vriende gereël word.

Kan die program gewysig word?

Alhoewel daar te alle tye gestreef word om die program soos aangedui, aan te bied, behou iALA die reg voor om programwysigings aan te bring indien nodig.

Mediese noodgevalle

Alle personeellede is voorbereid om noodhulpbehandeling te kan toepas. By elke standplaas word vooraf reëlings met plaaslike dokters getref om op kort kennisgewing en veral in noodgevalle beskikbaar te wees. Waar van toepassing moet studente sorg dat alle voorskrifmedisyne byderhand is soos nodig. Studente is self vir alle mediese-uitgawes verantwoordelik. Verantwoordelike voorsorg vir redelike veiligheid van alle studente is die hoogste prioriteit.

Mag ek my selfoon en ander elektroniese apparaat saambring en gebruik?

Selfone kan saamgebring word, maar mag nie tydens die aanbieding van kursusse gebruik word nie. iPods, skootrekenaars en ander elektroniese toerusting kan saamgebring word vir gebruik tydens vryetyd op die program.

Hoe streng word opgetree indien daar oortreding van die reëls sou voorkom?

Daar word te alle tye oordeelkundig besluit en na gelang van elke geval op optrede besluit. Alle besluite word tot opbou en voordeel van die betrokke student(e) geneem, maar sonder die benadeling van die regte van die ander studente.

Wat is die reëls rakende drank, dwelms, rook en ander negatiewe aktiwiteite?

Tydens die duur van die program, is die gebruik van enige alkohol sonder toestemming en teenwoordigheid van personeel, verbode. Studente mag nie hul eie voorraad van enige sterkdrank aanhou nie. Dwelmgebruik is te alle tye onaanvaarbaar en studente wat nie by hierdie reël hou nie, se deelname aan die kursus sal opgeskort word. Rook word sterk ontmoedig en sal slegs na ure, buitenshuis en weg van ander studente toegelaat word.

Mag ek my guitar saambring?

Die saambring van musiekinstrumente word sterk aangemoedig, daar is gereeld geleentheid vir musiekmaak en saamkuier.

iALA vriende

G2 Design
Suid Afrikaanse Instituut vir Skippers
Dynamicos Training Network
Toastmasters
Stellenbosch Boland College
Flandria Fietswinkel
S.C.A.S. – Die Eiland
Scuba Africa